Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kuier

Mar 27 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Haar pad na sjef-wees het in haar ouma se kombuis begin, en vandag skep sy geregte vol familiestories

‘SYWAS SONSKYN IN 'NVERTREK' • Vir die res van die wêreld was sy 'n uitmuntende aktrise, vir haar vriende 'n ligbringer, en vir ma Julie 'n dapper vegter tot die bitter einde

‘SÓ SAL ONS JOU ONTHOU, CRYSTAL-DONNA'

‘ONS SOEK GEREGTIGHEID VIR ONS ENGELSEUN' • Tussen 'n geveg vir geregtigheid deur tel dié familie nog die stukke op ná hul lieflingseun en kleinseun agt jaar terug noodlottig beseer is by 'n weermaguitstaling

‘OP'N MISSION SAAM MET GOD' • Dié motiveringspreker en aktivis het 'n gru-ongeluk oorleef, is kort daarna met 'n spieraftakelende toestand gediagnoseer, en vandag droom hy nie net groot nie, hy leef voluit

NURAAN KÉN VAN DEURDRUK • Haar pad na selfvervulling was lank en kronkelend, maar sy is die lewende bewys dat aanhouer wen

‘N SPEAKER VIR ALMAL • Min politici verras 'n mens nog met hul opregtheid, onopgesmuktheid en drif. Die Wes-Kaapse provinsiale speaker is een van dié min

KALKBAAI SE STORIEVROU • As sesdegenerasie-visserskind in Kalkbaai gee sy kinders in die omgewing toegang tot die see en sy lesse, en hou sy die stories van haar gemeenskap in haar hart en hande

Dustin DOEN SY DING • Die akteur agter daai onlangse skoktonele in Kelders van Geheime is 'n man van vele talente wat groot droom

SLIM PLANNE MET DAGOUDBROOD • Brood wat nie meer so vars is nie kan op verskeie maniere gebruik word om die heerlikste geregte mee op te tower. Dagoudbrood is nuttig om van poedings tot slaaie te maak - veral so naby maandeinde …

HERFS-STAATMAKERS • Die blare begin verbruin en dít beteken jy kan maar jou klerekas opdateer vir die herfs - hier's 'n paar staatmakers

MOCHA MOOI • Ons het onlangs gewys hoe jy mocha mousse, Pantone se kleur van die jaar, by jou klerekas kan inwerk. Nou's dit tyd om dit deel van jou grimeerroetine te maak. Dié warm, weelderige kleur laat jou dink aan tjoklit en romerige lattés. Én dis vleiend vir alle gelaats- en haarkleure. Of jy dit net op jou naels wil dra of daring wil wees met jou oë en lippe, dit gee luuksheid aan jou look

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?

BLAAS JOU LAASTE WALM • Eers was sigarette die ewige euwel waarvan mense ontslae moes raak. Deesdae is dit vaping. En al word so dikwels gesê dis minder skadelik as sigarette, beteken dit steeds nie dis veilig nie. Wil jy ophou vape? Hier’s vir jou ’n strategie

AS IEMAND KOUE VOETE KRY … • Buiten al die uitdagings wat op getroude paartjies wag, maak sommige dit nooit eens tot by die kansel nie

KRY DIE REGTE ONDERSTEUNING • Hoe kies jy die regte bra as jy dit nie kan aanpas of teruggee nie of dit aanlyn koop? Hier is nuttige wenke vir jou volgende cup-kopie

SAG IS MAG • Eienskappe soos empatie en resilience kan sorg vir groter werksukses. Lees hier hoe om soft skills vir jou te laat werk

HELP JOU KIND BETER LEES • Goeie leesvaardigheid en begrip is die grondslag vir 'n kind se akademiese sukses. Hier is raad om jou kind beter te laat vaar

ONTSPAN SÓ! • Skool is vir eers verby en dis vakansietyd. Dít beteken net een ding — leeglê en jouself...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans